Skip to main content

Senior Fase & VOO-fase

Langerugskool

Senior Fase & VOO-fase

Graad 7 – 9 & Graad 10 – 12

Langerugskool glo in ‘n holistiese benadering tot die ondersteuning van ons leerders, en daarom word daar in spanverband aandag geskenk aan verskeie behoeftes van die leerders wat by ons geplaas word.

Graad 7 – 9 Vakke

Ons bied nege vakke aan, soos dit deur die Nasionale Onderwysdepartement in die KABV-kurrikulum vir hoofstroomskole voorgeskryf is:
  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Wiskunde
  • Lewensoriëntering
  • Natuurwetenskappe
  • Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
  • Sosiale Wetenskappe
  • Tegnologie
  • Kuns en Kultuur

Graad 10 – 12 Vakke

Ons bied ses vakke aan, soos dit deur die Nasionale Onderwysdepartement in die KABV-kurrikulum voorgeskryf is. Die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) met endossement word aangebied.
Die vier verpligte vakke is:

  • Afrikaans Eerste Addisionele Taal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Wiskundige Geletterdheid
  • Lewensoriëntering
Leerders moet twee verdere vakke kies.
Keusevakke is as volg:

  • Landboutegnologie
  • Verbruikerstudies
  • Rekenaartoepassingstegnologie

Ondersteuning

Klasgroepe is kleiner (maksimum 14) en ons volg ‘n aangepaste en inklusiewe hoofstroomkurrikulum (KABV) wat individuele aandag aan leerders toelaat.

‘n Gestruktureerde leeromgewing

  • Die klaskamersituasie is bevorderlik vir leer, deurdat daar byvoorbeeld voldoende ruimte tussen lessenaars is. Bladsye in werkboeke word genommer, en kleurkodes word vir die onderskeie vakke gebruik.
  • ‘n Vasgestelde 5-dag-rooster word gevolg.
  • Geen onnodige verandering word toegelaat nie.
  • Daar is positiewe kommunikasie tussen ouers en opvoeders.
  • Gereelde ouergesprekke en kwartaallikse oueraande vind plaas.
  • Assesseringsakkommodasies word toegepas.
  • Die implementering van ‘n doeltreffende gedragskode lei tot die ontwikkeling van selfmotivering, selfhandhawing, asook leierskapvaardighede.
  • Leerders word toegelaat om sensoriese hulpmiddels vir die bevordering van konsentrasie te gebruik.
  • Reguleringsoefeninge en ‘n musiekprogram is deel van die dagprogram.
  • Afkoelperiodes word toegelaat wanneer nodig.

Tegnologie

  • Tegnologie word tydens lesaanbiedinge gebruik. Toestelle word in die klas en ook tydens die assesserings gebruik sodat die voordeel van spraak-tot-teks en teks-tot-spraak vir die leerders toeganklik is.

Studiemetodes

  • Hulp met leer word gebied deur middel van opsommings, toetsafbakening en vraesteluiteensettings.
‘n Holistiese benadering tot ondersteuning deur ‘n multidissiplinêre ondersteuningspan.

Besoek gerus ook die volgende afdelings