Skip to main content
 
 
 
 
Langerugskool

Welkom by   Langerugskool

Spesiale skool vir Spesifieke leerhindernisse en Outisme

Langerugskool lewer gespesialiseerde onderrig aan leerders met spesifieke leerhindernisse en Outisme. Leerders word in kleiner klasgroepe geakkommodeer. Ondersteuning word op grond van individuele behoeftes voorsien.

Leerders ontvang onder meer remediërende onderrig, arbeidsterapie, spraakterapie, sielkundige terapie, berading, oudio- en visuele versterking van onderrig, assesseringsakkommodasies, soos bv. ‘n leser en ‘n skrywer.

Hulle gebruik ook spraak-na-teks en teks-na-spraak-programme in die klas en tydens assesserings. Die gedragskode is daarop gefokus om leer in die klaskamer te bevorder.

Langerugskool het twee afdelings, naamlik ‘n afdeling vir leerders met spesifieke leerhindernisse (KABV-kurrikulum) en ‘n afdeling vir leerders met Outisme (Individuele ondersteuningsplanne).

Aansoeke & Toelating

Alle aansoeke na Langerugskool word via die Departement van Onderwys se verwysingsisteem gedoen.
Vind uit hoe om te werk gaan:
Aansoeke

Akademie

SLD-Afdeling – Graad 3 – 12

Leerders met spesifieke leerhindernisse.

Grondslagfase

Kleiner klasgroepe (maksimum 12) volg ‘n aangepaste en inklusiewe hoofstroomkurrikulum.

Lees meer

Intermediêre Fase

Ons bied ses vakke aan, soos voorgeskryf deur die Nasionale Onderwysdepartement.

Lees meer

Senior & VOO-fase

Klasgroepe is kleiner (maksimum 14) en ons volg ‘n aangepaste en inklusiewe hoofstroomkurrikulum

Lees meer

Die visie van Langerugskool is om onderwys en opleiding aan leerders met spesifieke leerbehoeftes te voorsien. Kundige personeel bied hoë vlakke van gespesialiseerde ondersteuning ten opsigte van terapie, kurrikulum, assessering en LOOM.

Outisme Afdeling

ASD-Afdeling

Individuele Ondersteuningsplanne

By Langerugskool se Outisme-afdeling word leerders ondersteun en ontvang hul onderrig op grond van ‘n Individuele Ondersteuningsplan (IOP).

Lees meer

Ondersteuningsdienste

Die ondersteuningsdienste by Langerugskool word deur ‘n opvoedkundige sielkundige, ‘n berader, arbeidsterapeute, ‘n spraakterapeut en remediërende onderwyseresse gelewer.

Lees meer

Aansoeke & Toelating

Alle aansoeke na Langerugskool word via die Departement van Onderwys se verwysingsisteem gedoen.
Vind uit hoe om te werk gaan:
Aansoeke

Ondersteun gerus ons trotse Borge

Langerugskool
Langerugskool se missie is om ‘n geborge leeromgewing te skep waarbinne kundiges aandag sal gee aan leerders se spesifieke behoeftes, om hul sodoende te begelei om hul potensiaal as volwassenes te bereik.
Langerugskool