Ondersteuningsdienste

Die pligte van elke rolspeler is soos volg:
Opvoedkundige sielkundige
- Hantering van die verwysings van die Onderwysdepartement wat via die distrikskantoor (Kaapse Wynland) gedoen word
- Hantering van navrae rakende verwysings en toelatings
- Psigometriese assessering waar nodig
- Leiding en ondersteuning aan ouers
- Terapie vir leerders met emosionele hindernisse
- Bronnesentrum vir hoofstroomskole – hulp met die identifisering van en ondersteuning aan leerders met leerhindernisse
Arbeidsterapeute
- Gestandaardiseerde en kwalitatiewe evaluasie van leerders ten einde individuele behoeftes te bepaal en daarvoor voorsiening te maak
- Leerhindernisse kan die volgende insluit:
- Sensoriese integrasieprobleme
- Uitdagings wat betref aandagafleibaarheid en hiperaktiwiteit (ADHD)
- Outisme-spektrum
- Emosionele faktore
- Neurologiese faktore (bv. trauma tydens geboorte)
- Individuele en groepsondersteuning om holistiese ontwikkeling te fasiliteer ten opsigte van vaardighede wat benodig word in die skool en ook tydens leer
- Spesifieke hulpverlening aan leerders in die Outisme-afdeling
- Die opstel en implementering van individuele programme in die klaskamer, asook tydens indivuele en groepsterapie
- Daarbenewens dien die arbeidsterapie-afdeling van die skool ook as bronnesentrum vir hoofstroomskole en -leerders.
Spraakterapeut
- Leerders kry individuele terapie, groepsterapie of terapeutiese insette binne klasverband, afhangende van hul behoeftes. Ondersteuning word tipies aan leerders gebied ten opsigte van onder meer die volgende:
- Spesifieke taalagterstande en disleksie
- Onvlotheid en ander soortgelyke probleme
- Verbale ontwikkelingsverwante apraksie, gesplete lip en/of verhemelte, probleme met artikulasie en/of fonologiese afwykings
- Ouditiewe prosesseringsafwyking en gehoorverlies
- Aanvullende en alternatiewe kommunikasie (AAK)
- Outisme-spektrum
- Gehoorsifting waar nodig
- Verwysings na ‘n oudioloog indien verdere hulp benodig word
- Daarbenewens dien die spraakterapie-afdeling van die skool ook as bronnesentrum vir hoofstroomskole en -leerders.
Remediërende onderwysers
- Leerders word met toelating by wyse van diagnostiese toetse geëvalueer om moontlike lees-, spel- of skrifprobleme te bepaal.
- Aanbevelings ten opsigte van assesseringsakkommodasies word op grond van sodanige evaluasies gemaak, bv. die gebruik van ‘n rekenaar (teks-na-spraak en/of spraak-na-teks), of die toekenning van ‘n leser/skrywer/aanmoediger, asook addisionele tyd.
- Leerders met lees- en spelprobleme ontvang individuele hulp om agterstande te hanteer en om tegnieke aan te leer om probleme te omseil.
- Leerders ontvang hulp met studiemetodes.
- Ondersteuning ten opsigte van didaktiek word verskaf.
- Hulp met die moderering van vraestelle word verskaf.
- Die remediërende onderwysers werk nou saam met ander personeellede, sodat die leerders ook in klasverband ondersteun kan word.
IO-span
Langerugskool is ‘n bronnesentrum en beskik oor ‘n inklusiewe onderwysspan wat uit ‘n opvoedkundige sielkundige, arbeidsterapeut en leerondersteuner bestaan.
Hulle werk in skole in die distrik om spesifiek leerders met leerhindernisse in die hoofstroom te ondersteun.