Skip to main content

Intermediêre Fase

Langerugskool

Intermediêre Fase

Graad 4 – 6

Langerugskool glo in ‘n holistiese benadering tot die ondersteuning van ons leerders, en daarom word daar in spanverband aandag geskenk aan verskeie behoeftes van die leerders wat by ons geplaas word.

Ons Vakke

Ons bied ses vakke aan, soos voorgeskryf deur die Nasionale Onderwysdepartement in die KABV-kurrikulum:
  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Wiskunde
  • Natuurwetenskappe en Tegnologie
  • Sosiale Wetenskappe
  • Persoonlike en Sosiale Welstand

Ondersteuning

Klasgroepe is kleiner (maksimum 14) en ons volg ‘n aangepaste en inklusiewe hoofstroomkurrikulum (KABV) wat individuele aandag aan leerders toelaat.

‘n Gestruktureerde leeromgewing

  • Die klaskamersituasie is bevorderlik vir leer, deurdat daar byvoorbeeld voldoende ruimte tussen lessenaars is. Bladsye in werkboeke word ook genommer, en kleurkodes word vir die onderskeie vakke gebruik.
  • Leerders wissel nie klasse nie, en ‘n weeklikse rooster met ‘n gevestigde skoolroetine word gevolg.
  • Geen onnodige verandering in die roetine word toegelaat nie.
  • ‘n Streng huiswerkstelsel word gevolg en die neerskryf van huiswerk word gekontroleer.
  • Positiewe kommunikasie tussen ouers en die opvoeder word verseker.
  • Spesifieke intervensie behels onder meer leerondersteuning (remediërende onderwys), heronderrig en huiswerkondersteuningsklasse.
  • Die toepassing van ‘n doeltreffende gedragskode lei tot die ontwikkeling van selfmotivering, selfhandhawing, asook leierskapvaardighede.
  • Sensoriese hulpmiddels word gebruik vir konsentrasie.
  • Afkoelperiodes word toegelaat soos nodig.
  • Assesseringsakkommodasies word toegepas soos nodig.
  • Addisionele tyd word toegelaat om formele assesseringstake te voltooi.
  • Terapeutiese drumming word tot voordeel van die leerder aangewend.
  • Reguleringsoefeninge en ‘n musiekprogram is deel van die dagprogram.

Tegnologie

  • Tegnologie word tydens lesaanbiedinge gebruik. Toestelle word in die klas en ook tydens die assesserings gebruik sodat die voordeel van spraak-tot-teks en teks-tot-spraak vir die leerders toeganklik is.

Studiemetodes

  • Hulp met leer word gebied deur middel van opsommings, geheuekaarte, die gebruik van sleutelwoorde, asook die benutting van oudiohulp (waar nodig).
  • Studiehulp word gebied in ooreenstemming met die rooster vir die formele assesseringstake van ‘n betrokke kwartaal.
‘n Holistiese benadering tot ondersteuning deur ‘n multidissiplinêre ondersteuningspan.

Besoek gerus ook die volgende afdelings