Langerugskool akkommodeer leerders met die volgende leerhindernisse in die SLD-afdeling:
Perseptuele agterstande
Vaardighede in hand-oog-koördinasie is nie op peil nie.
Probleme word ervaar met die identifisering van kleure, vorms en rigting.
Daar is probleme met ruimtelike oriëntasie en koördinasie.
Syfer-, teken- en knipvaardighede is nie ouderdomstoepaslik ontwikkel nie.
Spesifieke leerhindernisse
Daar is spesifieke uitvalle rakende klank-, lees-, spel-, skryf- en syfervaardighede.
Emosionele leerhindernisse
Emosionele probleme soos die volgende kom voor: ‘n swak selfbeeld, gebrekkige waagmoed, ‘n gebrek aan toewyding of ywer, of die leerder is uiters sensitief, huilerig en jonk vir sy/haar ouderdom.