Langerugskool akkommodeer leerders met die volgende leerhindernisse in die SLD-afdeling:
Perseptuele agterstande
-
Vaardighede in hand-oog-koördinasie is nie op peil nie.
-
Probleme word ervaar met die identifisering van kleure, vorms en rigting.
-
Daar is probleme met ruimtelike oriëntasie en koördinasie.
-
Syfer-, teken- en knipvaardighede is nie ouderdomstoepaslik ontwikkel nie.
Spesifieke leerhindernisse
-
Daar is spesifieke uitvalle rakende klank-, lees-, spel-, skryf- en syfervaardighede.
Emosionele leerhindernisse
-
Emosionele probleme soos die volgende kom voor: ‘n swak selfbeeld, gebrekkige waagmoed, ‘n gebrek aan toewyding of ywer, of die leerder is uiters sensitief, huilerig en jonk vir sy/haar ouderdom.
-
Daar is probleme met selfhandhawing.
-
Daar is ‘n gebrek aan impulsbeheer.
Mediese toestande en Neurodiversiteit
-
Aandagafleibaarheid en hiperaktiwiteit (ADHD)
-
Outisme-spektrum (Vlak 1)
-
Diabetes
-
Epilepsie
-
Ander mediese toestande