Skip to main content

Grondslagfase

Langerugskool

Grondslagfase

Graad 3

Langerugskool glo in ‘n holistiese benadering tot die ondersteuning van ons kinders. Ouers, dokters, terapeute, asook onderwysers moet bedag wees op vroeë tekens wat moontlik daarop kan dui dat leerders op ‘n baie jong ouderdom spesiale intervensies mag benodig. Vroeë identifisering en vroeë intervensie is daarom van kardinale belang.
Tans is daar slegs leerders vanaf graad 3 in Langerugskool.
Graad 1- en 2-leerders sal ook ingeneem word, indien daar genoeg aansoeke is.

Ondersteuning

Kleiner klasgroepe (maksimum 12) volg ‘n aangepaste en inklusiewe hoofstroomkurrikulum (KABV) wat individuele aandag aan leerders toelaat.
‘n Holistiese benadering tot ondersteuning deur ‘n multidissiplinêre ondersteuningspan.

‘n Gestruktureerde leeromgewing

  • Die ruimte in die klaskamer word optimaal benut, met byvoorbeeld voldoende ruimte tussen lessenaars.
  • Verandering ten opsigte van die onmiddellike omgewing word tot die minimum beperk.
  • ‘n Streng huiswerkstelsel word gevolg.
  • Positiewe kommunikasie tussen ouers en die opvoeder word verseker.
  • Spesifieke intervensie behels onder meer leerondersteuning (remediërende onderwys), herhaalde vaslegging van werk, asook lees- en spelprogramme.
  • Assesseringsakkommodasies word toegepas waar nodig.
  • Addisionele tyd word toegelaat om formele assesseringstake te voltooi.
  • Daar is ‘n doeltreffende gedragskode wat bevorderlik is vir die ontwikkeling van selfmotivering, selfhandhawing, asook leierskapvaardighede.
  • Sensoriese hulpmiddels word gebruik vir konsentrasie, bv. wondergom, pypskoonmakers, uitveërs en rekbande.
  • Afkoelperiodes word in gevalle van uitdagings met impulsbeheer toegelaat.
  • Terapeutiese drumming word tot voordeel van die leerders aangewend.
  • Reguleringsoefeninge en ‘n musiekprogram is deel van die dagprogram.

Besoek gerus ook die volgende afdelings