WAPEN & SIMBOLIEK

SIMBOLIEK
Holistiese ondersteuning ten einde sosiaal, emosioneel, akademies en geestelik te ontwikkel.

 

  • DRIE SYE
    Die kind, ouer en personeel as span.
  • SON
    Verbintenis met Pionierskool – daar’s lig. (Die Langerugskoolwas ‘n afdeling van Pionierskool tot einde 2014.)
  • BOEK
    Akademie
  • DUIF
    Die hoop om met die nodige ondersteuning hoog te kan vlieg en sodoende individuele potensiaal te kan bereik.
  • SKILD
    Beskerming
Daar word binne ‘n veilige omgewing ondersteuning aan leerders met individuele onderwysbehoeftes gebied, sodat elkeen tot sy of haar potensiaal kan ontwikkel.