Skip to main content

SLD-Afdeling

Langerugskool

SLD-afdeling

Graad 3 – 12

Die SLD-afdeling akkommodeer kinders met spesifieke leerhindernisse en Outisme (Vlak 1).

Die KABV-kurrikulum word gevolg en leerders skryf die NSS-eksamen met endossement in graad 12.

Aansoeke

Alle aansoeke na Langerugskool word via die Departement van Onderwys se verwysingsisteem gedoen.
U moet dus soos volg te werk gaan:
1

Maak `n afspraak met u kind se klasonderwyser/skoolhoof en verduidelik dat u graag wil hȇ dat die skool u kind na Langerugskool verwys. Neem afskrifte van alle verslae wat u van `n kind het saam.
2

Die moontlike verwysing word dan deur die skool se SGOS bespreek.
3

Die SGOS van die skool kontak dan die betrokke DGOS van die distrikskantoor. Die DGOS (sielkundige, leerondersteuner en/of maatskaplike werker) sal dan die skool besoek en die SGOS ondersteun met die moontlike aansoek en nodige assesserings indien van toepassing.
4

Aansoeke vir die afdeling vir spesifieke leerhindernisse (KABV-kurrikulum) word dan by die volgende siftingsvergadering van Langerugskool voorgelȇ en bespreek vir oorweging. Plasing is onderhewig aan toelatingskriteria en plek in die bepaalde graad. U sal daarna deur Langerugskool/DGOS gekontak word om die bepaalde uitkoms te bespreek. Daar is elke kwartaal een siftingsvergadering.

Indien u kind nie tans in `n skool is nie en/of tuisonderrig ontvang, moet u asseblief kontak maak met die GLOO-afdeling van die Kaapse Wynland Distrikskantoor. U kan die Kaapse Wynland Distrikskantoor kontak by 023 348 4600 om met die Hoof van die GLOO-komponent of Senior Sielkundige in verband hiermee te gesels.

Kriteria vir toelating

    • `n Gemiddelde kognitiewe funksionering (volg die hoofstroomkurrikulum).
    • Die teenwoordigheid van beduidende en spesifieke leerhindernisse. Leerhindernisse sluit onder andere in: hindernisse ten opsigte van lees, spel, aandagtekort en hiperaktiwiteit, emosionele uitdagings, angs en Outisme (Vlak 1).
    • Die leerder moet verkieslik so vroeg as moontlik geïdentifiseer word en moet oor die potensiaal beskik om baat te vind by die hoofstroomkurrikulum en die programme wat deur die skool aangebied word.
    • Die leerder moet van skoolpligtige ouderdom wees.
    • Vir toelating tot die koshuis moet die ouer/voog in staat wees om die finansiële verpligting daarvan na te kom.
    • Onderhewig aan die beleid van Langerugskool.
Praktiese faktore, eie aan die omstandighede van die skool, moet in ag geneem word by die toelating van leerders.
Dit sluit die volgende in:
  • Personeelvoorsiening aan die skool;
  • Redelikerwys ruimte (klaskamer), fasiliteite en ander hulpbronne om die leerder te akkommodeer en in sy/haar opvoedkundige behoeftes te voldoen.

Besoek gerus ook die volgende afdelings