
INTERMEDIÊRE FASE – Graad 4 tot 6
Langerugskool glo in `n holistiese benadering tot die ondersteuning van ons kinders. Ons spreek verskeie behoeftes van leerders wat by ons geplaas word, aan.
ONS AKKOMMODEER LEERDERS MET
Spesifieke leerhindernisse
- Leerders met gemiddelde kognitiewe vermoëns met `n beduidende verskil tussen verbale en nie-verbale kognitiewe vermoëns; en met spesifieke uitvalle wat lees, spelling of wiskunde betref.
Emosionele leerhindernisse
- Emosionele probleme: swak selfbeeld, gebrekkige waagmoed, uiters sensitief, gebrek aan toewyding of ywer, huilerig en onvolwasse vir ouderdom;
- Probleme met selfhandhawing: aggressie, verloor selfbeheersing, opponerende gedrag, ontwrigtend en onverdraagsaam;
- Gebrek aan impulsbeheer met negatiewe gevolge en;
- Emosionele verwaarlosing en beperkte ondersteuning.
Mediese toestande
- Aandagafleibaarheid- en hiperaktiwiteitsversteuring, Tourette’s sindroom, Outistiese spektrum, Diabetes, Epilepsie en ander mediese toestande wat spesiale sorg vereis.
ONS BIED DIE VOLGENDE ONDERSTEUNING:
- Kleiner klasgroepe (maksimum 14) volg ‘n aangepaste en inklusiewe hoofstroom kurrikulum (KABV) wat individuele aandag aan leerders toelaat.
- Gestruktureerde leeromgewing:
- klaskamersituasie: ruimte tussen lessenaars, bladsye word genommer en kleurkodes word vir die onderskeie vakke gebruik;
- roetine: leerders wissel nie klasse nie en `n weeklikse rooster met ‘n gevestigde skoolroetine word gevolg;
- geen onnodige verandering word toegelaat nie;
- ons volg `n streng huiswerkstelsel en konroleer die neerskryf van huiswerk;
- ons verseker positiewe kommunikasie tussen ouers en die opvoeder;
- spesifieke intervensie sluit in: leerondersteuning (remediërende onderwys), heronderrig en huiswerkondersteuningsklasse;
- doeltreffende gedragskode wat lei tot die ontwikkeling van selfmotivering, selfhandhawing, asook leierskapvaardighede;
- sensoriese hulpmiddels word gebruik vir konsentrasie bv. wondergom, pypskoonmakers, uitveërs, lawa-lampe en rekbande;
- afkoelperiode word vir aggressiewe gedrag en swak impulsbeheer toegelaat;
- arbeidsterapie met reguleringsoefeninge, Quick Shifts- en musiekprogram.
- formele assesseringstake (FAT): leer met FAT-rooster en opsommings, en audio-hulp wanneer dit nodig is;
- skrywer/leser (wanneer nodig): formele assesseringstake word aan leerders voorgelees en hul antwoorde word getranskribeer;
- aanmoediger (wanneer nodig);
- addisionele tyd word toegelaat om take en FAT’s te voltooi;
- terapeutiese drumming;
- arbeidsterapie met reguleringsoefeninge, Quick Shifts- en musiekprogram.
- Tegnologie:
- ‘n dokumentkamera word via `n 42-duim kleurskerm vir intensiewe fokus en verbeterde konsentrasie gebruik.
- Studiemetodes:
- opsommings, geheuekaarte, die gebruik van sleutelwoorde en die benutting van CD’s met leerwerk.
- Holistiese benadering deur ‘n multi-dissiplinêre span:
- arbeidsterapie;
- spraakterapie en taalondersteuning;
- remediërende onderwys;
- sielkundige dienste: individuele terapie ter ondersteuning van leerders met emosionele-, sosiale- en aanpassingsprobleme;
- berader: vrywilliger wat as mentor en ondersteuning vir leerders dien;
- geregistreerde verpleegkundige vir algemene gesondheid en die bestuur van medikasie;
- kundige personeel ten opsigte van kinders met leerhindernisse;
- ouerondersteuningsgroep.